Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARLNUUS SONDAG 17 FEBUARIE 2008

U luister na ZS6SRL die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Om na oudio via die web, of d.m.v. Echolink deur ZS6FCS te luister, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die koppelings soos aangedui.

Hierdie, en vorige bulletins, kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser vanoggend is Johan, ZS6JPN, vanuit Pretoria met herleidings op 28,325, 14,235, 10,130, 7,066 en 3,695 MHz ESB asook, 51,400, 438,825 en 1 297 MHz FM in die Pretoriagebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik).

STIL SLEUTEL

Dit is met skok en leedwese dat ons moet aankondig dat Lawry, ZS5HV, op Dinsdagaand 12 Februarie koelbloedig doodgeskiet is toe hy en sy eggenote Margaret na ‘n aand uit tuisgekom het.

Ons innige meegevoel aan Margaret, hulle familie en vriende.

(POUSE)

In die nuus vandag:

BHF/UHF-KOMPETISIE — PRETORIAKLUB LOOP WEG MET YAESU-HANDDRARADIO

KONSEP KLT-REGULASIES IN DIE STAATSKOERANT GEPUBLISEER

BACAR-GROEP VERGADER OP SATERDAG 23 FEBRUARIE BY DIE NARS

LANSERING VAN SUMBANDILASAT ONBEPAALD VERTRAAG

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

BHF/UHF-KOMPETISIE — PRETORIAKLUB LOOP WEG MET YAESU-HANDDRARADIO

Piet Badenhorst, ZS6G, die SARL se BHF-bestuurder BHF/UHF-kompetisie het die uitslae van die BHF/UHF-kompetisie wat in September 2007 gehou was, aangekondig. Die Pretoria Amateurradioklub, ZS6PTA, het ‘n wegholoorwinning behaal met ‘n puntetelling van 903 890 punte. Die volgende in lyn is ZS2ACP met 596 931 punte gevolg deur ZS5GNW 5 312 punte, ZR2GLP 3 211 punte, ZS2U 2 308 punte en ZU5T 213 punte.

596 931 points followed by ZS5GNW 5 312 points, ZR2GLP 3 211 points, ZS2U 2 308 points and ZU5T 213 points.

As die algehele wenner sal die Yaesu-handdraradio, wat deur Kobus Conradie van Lets Play Radio geskenk is, aan ZS6PTA oorhandig word. Veels geluk aan die Pretoria Amateurradioklub en al die wenners.

Die eerste been van 2008 se BHF/UHF-kompetisie strek vanaf 12:00 SAT Saterdag 15 Maart tot 12:00 SAT op Sondag 17 Maart. Die kompetisiereëls kan gevind word in die Kompetisiehandboek wat beskikbaar is vanaf www.sarl.org.za.

KONSEP KLT-REGULASIES IN DIE STAATSKOERANT GEPUBLISEER

OKOSA het ‘n kennisgewing van voorneme om regulasies in verband met tegniese standaarde vir Kraglyntelekommunikasie op te stel, gepubliseer. Die keerdatum vir kommentaar is 6 Maart 2008.

Die SARL glo dat die voorgestelde regulasies nie voldoende is om om die HF-spektrum teen skadelike steuring te beskerm nie, en dat indien steurings ondervind word, die versagtende proses onvoldoende is. Die SARL wer aan ‘n kommentaardokument wat voor die keerdatum aan OKOSA oorhandig sal word.

Radioamateurs, kortgolfluisteraars en ander gebruikers van die HF-spektrum word uitgenooi om insette aan die SARL te lewer vir insluiting in die dokument. Dit moet voor 23 Februarie per e-pos aan plc@sarl.org.za gestuur word. Vir meer besonderhede aangaande KLT en ‘n afskrif van die konsepregulasies, besoek www.sarl.org.za, en volg die koppelings.

BACAR-GROEP VERGADER OP SATERDAG 23 FEBRUARIE BY DIE NARS

Die BACAR-groep sal om 11:00 op Saterdag 23 Februarie in die NARS byeenkom om die BACAR-projek vir 2008, wat bedoel is om gedurende die Mei/Junie tydgleuf gelanseer te word, bespreek. Besonderhede aangaande die projek kan gevind word by www.amsatsa.org.za.

LANSERING VAN SUMBANDILASAT ONBEPAALD VERTRAAG

Sumbandilasat sit steeds veilig in die skoon kamer van Sunspace. Sumbandilasat, wat ‘n amateurradioloonvrag insluit, moes verlede jaar reeds vanaf ‘n Russiese duikboot gelanseer gewees het, maar reëlings het versuur toe die twee verdedigingsorganisasies nie oor ‘n wederkerige satellietooreenkoms kon ooreenkom nie. Dit word verstaan dat die Suid-Afrikaanse Ministerie van Buitelandse Sake verlede week in Rusland was as lid van ‘n tegniese en wetenskaplike samewerkingssending en dat ‘n alternatiewe lanseringsmoontlikheid moontlik bespreek sou wes. Geen amptelike kommentaar was ten tye van ter perse gaan beskikbaar nie.

WES-KAAP SE RTA BOU MOMENTUM OP

Alle voorbereidings vir die SARL se dag van Radiotegnologie-in-Aksie op 8 Maart is in orde en gebeurtenis verkry momentum. Een van die interessante aanbiedings sal wees die aanwending van WiFi om lede van ‘n klub toegang tot die klub se databasis te verleen en toegang tot die internet sowel as doe wêreldwye web. ‘n Gedeelte van die WiFi-spektrum val binne ‘n amateurfrekwensie toekenning. Chris Scarr van die Port Elizabeth Amateurradiovereniging sal ‘n lesing aanbied oor PEARS se WiFi-projek en al die tegniese, operasionele en lisensiebesonderhede met u deel.

Vir die tuisbouer sal Karl Canitz wys hoe om ‘n kragbron uit skrootkomponente of komponente uit die rommelkas te bou. Hy sal verskeie voorbeelde van tuisbouprojekte demonstreer.

Die volledige RTA-program is beskikbaar op www.sar.org.za, kies aktiwiteit in die linkerhandse spyskaart en klik op RTA. Om ‘n afskrif in u posbus te laat besorg, stuur ‘n e-pos aan rta@sarl.org.za met RTA in die onderwerplyn. Vertel u vriende van hierdie aanbieding en bring jongmense wat in elektronika en kommunikasie belangstel saam. Toegangsgeld is R20 maar studente en skoliere geniet gratis toegang.

KOMPETISIENUUS

BHF/UHF NAELLOOP

Die eerste BHF/UHF-Naelloop word op Sondag 24 Februarie vanaf 16:00 tot 17:00 SAT gehou. Dit is 'n genotvolle geleentheid om kontakte tussen radioamateurs op 2 meter en 70 cm te bevorder. Alle modusse op 2 meter en 70 cm volgens die IARU-Streek 1 en SARL BHF/UHF-bandplanne mag gebruik word en 'n RS(T) verslag en Maidenhead ruitverwysing word uitgeruil. Elke QSO tel 2 punte, die finale telling word bepaal deur die QSO-punte te vermenigvuldig met die aantal ruitblokke gewerk. Logstate moet teen 10 Maart per e-pos gestuur word aan zs6pjb@gmail.com of per slakkepos aan Die BHF-Kompetsiebestuurder, Piet Badenhorst, Posbus 4452, Witrivier, 1240.

SARL HAMNET 40 m GESIMULEERDE NOODKOMPETISIE

Die jaarlikse SARL HAMNET 40 meter gesimuleerde Noodkompetisie word vanaf 14:00 tot 16:00 SAT op Sondag 2 Maart gehou. Dit is 'n foon alleen kompetisie tussen radioamateurs in Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Zimbabwe, Swaziland, Mozambique, Lesotho, Marioneiland en Suid-Afrikaanse Antarktika. Slegs kontakte met hierdie areas sal tel. Meer besonderhede in volgende week se bulletin.

MEGASNUFFELMARK IN PRETORIA

Die Pretoria Amateurradioklub, ZS6PTA, hou 'n snuffelmark op Saterdag 8 Maart 2008. Die snuffelmark sal soos gewoonlik op die Suid-Kampus van die Universiteit van Pretoria, op die hoek van Universiteit- en Lynnwoodweg, gehou word en die aanvangstyd is 08:00.

Almal, klubs en persone wat nie aan klubs behoort nie, is welkom. Kom besoek gerus die Megasnuffelmark in Pretoria. Skakel Almero, ZS6LDP, by (H)(012) 567 3722 of op 082 908 3359, indien u 'n tafel wil bespreek of meer besonderhede benodig.

VERSOEK VAN SARL-NUUSREDAKTEUR

Dit is met groot waardering dat daar bulletinlesers van klubs is wat SARLNuus weer tydens hulle klubbulletins heruitsaai. Dit het egter al in die verlede gebeur dat dit vir die nuusredakteur nie moontlik was om die bulletins op die SARL se webwerf te plaas nie en die SARL se bulletin hulle dus nie bereik nie. Dit sal waardeer word indien klubbulletinlesers hulle e-posadres aan die SARL se nuusredakteur sal stuur sodat indien hierdie probleem weer in die toekoms, maar hopelik nie, ondervind sal word, die redakteur die bulletins direk per e-pos aan diegene kan stuur. Die e-posadres is gth@absamail.co.za.

HF-VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak die komende week baie laag gaan wees. Die geomagnetiese veld sal oor die algemeen stil wees. Die voorspelde effektiewe sonvlektelling sal gedurende die komende week minder as 5 wees. Die verwagte DX-toestande is goed vir die Noord-Oos en Noord-Wes paaie maar vrotterig vir die hoofsaaklik Noordelike rigtings.

15 m en 20 m is die beste keuse vir DX met moontlike 15 en 20 m-openinge vanaf 14:00 SAT na Indië. Daar is 'n moontlikheid van kort, flou 20 m-openinge na Australië vanaf ongeveer 08:00. Vanaf ongeveer 16:00 is daar moontlike kort, flou 15 en 20 m-openinge na Europa. Vanaf ongeveer 18:00 is daar moontlike flou 15, 20 en 80 m-openinge na die VSA.

10 MHz lyk na sononder bruikbaar vir die morskkode -en digitale entoesiaste.

Plaaslike toestande gaan gedurende die dag op 40 m goed wees. 30 m behoort gedurende die middel van die dag goeie resultate oor die langer afstande te lewer.

Saans is 80 m die beste keuse. Dit is nou as die donderstorms en staties vir jou 'n kans gaan gee.

Onthou dat hierdie net 'n voorspelling is en dat HF jou steeds kan verras. Skakel jou stel aan, luister en roep ook CQ om seker te maak dat jy deel van die opwinding is.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

24 Februarie - BHF/UHF-naelloop;
2 Maart - Hamnet 40 m gesimuleerde noodkompetisie;
8 Maart - RTA in Kaapstad.
8 Maart – Pretoriaklub se megasnuffelmark;
31 Maart - Sluitingsdatum vir stadium 1 van 2008 se konstruksiekompetisie.
11 tot 13 April – SARL AJV in Bloemfontein;

SARL nuus nooi klubs en individue uit om nuusberigte wat vir radioamateurs en kortgolf luisteraars van belang is in te stuur. Indien moontlik, plaas nuusberigte in beide Afrikaans en Engels op www.sarl.org.za/newsinbox.asp nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u ook om na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoriagebied met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 590 kHz, te luister. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur George, ZS6NE, saamgestel is.

'n Voorspoedige week word aan almal toegewens, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003